Local newsNews

Hier word gewerk om reg te maak vir die myl

Onthou dat 'n gedeelte van Parys se hoofstraat vir die duur van die straatmyl Saterdag gesluit sal wees tussen 05:00 en 11:00. 

Dit is die ene bedrywigheid in Parys om gereed te maak vir die dorp se gewilde straatmyl wat hierdie Saterdag aangebied word.

Vanoggend het ‘n span van die Ngwathe Plaaslike Munispaliteit gehelp om gate te vul in Parys se hoofstraat waar die straatmyl sal plaasvind.

Die eerste wedloop spring weg om 07:00.

Onthou dat ‘n gedeelte van Parys se hoofstraat vir die duur van die straatmyl Saterdag gesluit sal wees tussen 05:00 en 11:00.

Aandag word gegee aan Parys se hoofstraat vir Saterdag se straatmyl

Die wegspring en eindpunt van vanjaar se straatmyl is in Waterstraat by die Spur-ingang na die PnP-sentrum. Die roete het ‘n draaipunt by Plum Tree Restaurant.

Deelnemers aan die halfmyl spring ook in Waterstraat weg by die Spur-ingang na die PnP-sentrum, maar draai dan by die 400m merk.

Die straatmyl word aangebied deur Rotary Parys en Parys Info & Tourism. Vir navrae skakel (056) 811 4 000.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button