Local newsNews

Slyp jou skryfvaardighede saam met prof Hans du Plessis

Vanjaar is dit die tweede jaar dat die skryfwerkwinkel deur die ATKV-tak Vredefort Koepel aangebied word

Vir prof. Hans du Plessis, skrywer van die bekende Griekwapsalms, is skryf ‘n geloofsdaad.

Hy debuteer in 1979 met Kleinwild, en volg daar oor die jare 160 publikasies uit sy bekroonde en talentvolle skrywerspen.

Hieronder tel Disse flippen stukkend wêreld dié, my ou – ‘n jeugverhaal wat jou swaarkry saam met tieners laat ruik, proe, hoor en voel.

Dan is daar die ewe aangrypende Verbrande Paradys wat die gebeure van ‘n vernietigende brand in die Vredefort Koepel vasvang en jou die seer van slagoffers van hierdie rampe om ons laat beleef.

Sy veelsydigheid spreek uit verskeie digbundels, jeugromans, romans, kortverhale, rubrieke, dramas en musiekspele wat by verskillende kunstefeeste opgevoer is, wat hy die lig laat sien het.

Hy verwerf onder meer die C.R, Swart-prys vir tienertoneel, die ATKV-kinderboekprys, ’n erepenning van die SA Akademie, en die CBSA-prys vir godsdienstige werk vir die digbundel, Innie skylte vannie Jirre.

Die ATKV-tak Vredefort Koepel bied op 19 Oktober ‘n skrywerkswinkel in Parys aan saam met prof Hans du Plessis. ‘n Besondere geleentheid waaraan mense kan deelneem wat ‘n liefde en passie het vir die skryfkuns.

Dit word gehou van 09:00 tot 14:00 by Gentle Breeze, en kos R300 per persoon wat ligte verversings en goeie wyn insluit. Vir navrae en inskrywings kan jy Corlia skakel by 082 732 0257, of stuur e-pos na corliawentink@gmail.com

Dit is die ideale geleentheid om jou skryfvaardighede met ‘n kenner te slyp.

* Vanjaar is dit die tweede jaar dat die skryfwerkwinkel deur die ATKV-tak Vredefort Koepel aangebied word, en is die vorige werkswinkel gelei deur bekroonde skrywer en joernalis Carla van der Spuy.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button