NewsNews

Ons vat jou “movies” toe

Onthou jy nog hoe jy voor die kassie vasgenael gesit het vir Haas Das, Pinocchio, Trompie - of in die fliek vir Semi-soet... Kry die springmielies reg en sit terug. Hier kom ’n fliekervaring soos min wat jou die klanke van ou TV-gunstelinge tot vandag se groot skerm treffers sal laat beleef in kleur en klank. En dit met ons eie jong sterre op die verhoog. Bykans die helfte van Parys Primêre skool se leerlinge, ’n totaal van 476 kinders sal op die verhoog wees vir die Revue-produksie “The Cinema - Movie Soundtracks in Motion” wat eersdaags op die planke is.

Onthou jy nog hoe jy voor die kassie vasgenael gesit het vir Haas Das, Pinocchio, Trompie – of in die fliek vir Semi-soet…
Kry die springmielies reg en sit terug. Hier kom ’n fliekervaring soos min wat jou die klanke van ou TV-gunstelinge tot vandag se groot skerm treffers sal laat beleef in kleur en klank.
En dit met ons eie jong sterre op die verhoog. Bykans die helfte van Parys Primêre skool se leerlinge, ’n  totaal van 476 kinders sal op die verhoog wees vir die Revue-produksie “The Cinema – Movie Soundtracks in Motion” wat eersdaags op die planke is.
IMG-20160829-WA0002Die produksie waaraan leerlinge en personeel die afgelope twee kwartale baie hard gewerk het, sal van 26 tot 29 September in die skoolsaal van Parys Primêr opgevoer word. Vertonings sal op die onderskeie aande stiptelik om 18:00 begin. Kaartjieverkope vir die publiek is oop van Maandag 5 September. Gou spring – daar is net ’n  beperkte aantal kaartjies beskikbaar by die skoolkantoor teen R50 per kaartjie.
As al die vertoningsaande uitverkoop is en daar is nog belangstelling, sal kaartjies ook vir die kleedrepetisie aand van 22 September teen R30 per kaartjie verkoop word.
Revue is ’n 4-jaarlikse tradisie vir Parys Primêr en soos vorige jare is seker gemaak daar is weer die baie gewilde personeel-item. Kom kyk na skitter dansbewegings en choreografie – ’n produksie waarop Parys met reg trots sal wees.

IMG-20160829-WA0003

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button