EntertainmentLocal news

Stof gaan lê na ‘n ongelooflike Aardklop

In hulle derduisende het die mense van oor die land heen Potchefstroom toe gekom vir vanjaar se fees.

Die Aardklop Nasionale Kunstefees is verby en die stof het na een van die beste Feeste in jare gaan lê. Die fees het seepglad verloop, soos ’n goed-geoliede masjien.

‘n Onvergeetlike Viering van Kuns en Kultuur het op 24 tot 29 September in Potchefstroom by NWU JOOLplaas plaasgevind en feesgangers kan uitsien na volgende jaar se Aardklop wat van 7 tot 12 Oktober sal plaasvind.

Oor die fees

“As daar een ding is wat soos ’n goue draad deur vanjaar se fees geloop het, is dit die fokus op gemeensaamheid, die dinge wat ons verbind, eerder as dit wat ons anders maak,” het Alexa Strachan, uitvoerende hoof van Aardklop, gesê.

““Aardklop het ‘n duidelike vars stem, en hierdie stem dra by tot allerbelangrike gesprekke oor kwessies in ons kleurvolle, maar ook kwesbare en hartseer samelewing,” gaan Alexa voort.

Feestereein by Aardklop.

Die visuele kuns-aanbod by vanjaar se fees was ook uiteenlopend, en feesgangers het daagliks twee geleenthede gehad om begeleide toere van die uitstallings mee te maak. Een van die aangrypendste uitstallings was Rory du Plessis se Ek sien jou / I see you / Sawubona, skryf Elsje Jordaan, ’n student aan die NWU se Skool vir Kommunikasie.

Kunsuitstalling by Aardklop.

By die Momentum Beleggings Aardklop Langtafel het gaste vanjaar die geleentehid gehad om hulle gedagtes en goeie herinneringe sommer op die tafels te skryf.

Langtafel by Aardklop.
Kunstenaars sê

“Aardklop julle het gerock! Baie dankie vir ‘n great fees,” het Candy B Benson gesê.

Candy B Benson.

Johan Anker het gesê hy hoop om almal weer by volgende jaar se Aardklop te sien.

“Hierdie was ń ongelooflike lekker Aardklop Nasionale Kunstefees. Baie dankie vir almal wat die fees ondersteun het. Dit was werklik ń fees en die gehoor was incredible!”

Johan Anker.

“So maak Liewe Heksie vang vis by Aardklop klaar. ‘n Volhuis met die lieflikste gehoor en ‘n staande ovasie,” het Margit Meyer-Rödenbeck gesê.

Margit Meyer-Rödenbeck en haar span.

Aardklop het ook ‘n pendeldiens hierdie jaar gehad wat feesgangers vinning van punt A tot punt B gekry het.

“Julle is die beste in die land. Ek was nou al by baie feeste, maar hiérdie fees – alles is net die beste wat jy kan kry.” Só vertel ’n geesdriftige feesganger waar sy in een van die fees se pendelbussies uitgevra word. Sy voeg by dat dié pendeldiens uitmuntend was. Gerieflik, sakpas, skoon, en met vriendelike diens – baie soos die fees self.

Early B Aardklop.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button