Local newsNews

Deeltitels: Maak seker oor wetgewing en regulasies

Deeltitel eenhede in 'n kompleks bied al vir jare die ideale omstandighede vir mense om in te woon, en ook vir eienaars wat in eiendom wil belê, maar daar is aspekte waaraan mense nie dink wanneer hulle deeltiteleenhede koop nie, waarsku Philip Coetzee, bestuursrekenmeester by PF & M Boekhouers en Rekenmeesters.

Daar is talle slaggate waarin deeltiteleienaars kan trap omdat veranderde wetgewing, omstandighede by beheerliggame drasties verander het.

Met die implementering van die Deeltitelskema Bestuurswet, (8 van 2011, Bylae 8 van hierdie wet), asook die Gemeenskapsdiens Ombudswet (9 van 2011), moet elke beheerliggaam byvoorbeeld twee bankrekeninge hê, en twee stelle boekhouding byhou vir hierdie rekeninge naamlik ‘n bankrekening vir die administratiewe fonds, en ‘n bankrekening vir die reserwefonds. “Ons kantoor word steeds oorval met navrae ten opsigte van die boekhouding, registrasies en Ombudverwante gevalle,” sê Coetzee.

Hy sê dat ‘n weeklange kursus in Oktober aangebied word om van hierdie vrae te antwoord. Die kursus is van Maandag, 21 Oktober tot Vrydag, 25 Oktober.

Die kursus is resultaat gedrewe en sal mense tydens die week geleer word hoe om die boekhouding prakties te doen soos wat die vereistes van die Deeltitelskema Bestuurswet vereis. Daar sal ook gekyk word na die Gemeenskapsdienste ombudswet.
“Dan het ons uit ons pad gegaan om op ‘n eenvoudige manier begrotings te doen vir ‘n kompleks. Dit is hier met die begrotings waar ons nie die belangrikheid van die Reserwefonds kan ignoreer nie,” sê Philip.

“Die Gemenereg van vergaderings is van kardinale belang en hierdie aspek vind ek min by Beheerliggame dat die korrekte prosedure gevolg word,” sê Coetzee.

“Die grootste leemte is egter kennis van die prosedures van die Ombud en wat gedoen moet word in terme van artikel 39 van die Gemeenskapsdienste Ombudswet om ‘n dispuut te registreer, en hoe om ‘n beleggingsbevel (Adjudication Order) te verkry van die ombud om uitstaande heffings van ‘n eienaar in te vorder.

Kursusgangers kry die toepaslike wette gedruk asook praktiese oefeninge vir die boekouding.

Twee rekenmeesters gaan betrokke wees – Angel Groenewald en Philip Coetzee wat vir 35 jaar finansiële kursusse oor die land aanbied.

Kursusgangers kan kies om die oggendsessie van 08:00 tot 12:00, of die middagsessie van 13:00 tot 17:00 by te woon.
Wanneer jy skakel of per e-pos registreer kan jy jou keuse uitoefen. Kursusgangers kry al die wette, dokumentasie en praktiese oefeninge vir die boekhouding.

Kostes is R 2 000 per persoon vir die week.

Dit is belangrik dat jy vooraf moet registreer. Vir meer inligting skakel Zanicke by 063 400 1632, Angel by 072 333 7995 of Philip by 083 382 7067 of 082 213 2040.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button