NewsNews

Mede-eienaar van Wiggins Motors sterf

Mede-eienaar van Wiggins Motors sterf

Bekende sakeman en mede-eienaar van Wiggins Motors, Eddie Wiggins, is Saterdag in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Hy het die afgelope maand met sy gesondheid gesukkel en was sedert verlede Woensdag in die intensiewe sorgeenheid van die Potchefstroomse Medi-Clinic.
Eddie was bekend as die groot man met die klein hart, en word oorleef deur sy vrou, Rita, dogters Christelle en Liezel, seun Edwin, drie kleinkinders en 2 broers, Hennie en Naas. Die Wiggins-egpaar was 39 jaar getroud.
Eddie en sy seun het Wiggins Motors in 2010 in Parys begin. Hy was voor dit vir 26 jaar verkoopsbestuurder by Park Auto in Vanderbijlpark. Hy het ook vir jare op die destydse Parys Skoukomitee gedien, en was lank voorsitter van die 4×4 klub in die Vaaldriehoek. Hy was sedert 1975 in Parys gevestig.
Die begrafnisdiens is Vrydag 2 September om 11:00  vanuit die Hervormde Kerk, Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button