Local newsNews

Ysige koue nou nie ongewoon nie

Sneeu is al selfs by geleentheid op Nuwejaarsdag in KwaZulu Natal gesien 

Is dit nou lente of winter? Dit is die vraag waarmee baie Suid-Afrikaners vanoggend  wakker geword het met die ysige wind daarbuite wat jou vinnig na ‘n baadjie laat gryp het.

Maar nee – dit is nie so ongewoon om sneeu in die vroeë lente of laat in die winter te sien nie, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens Die Weerdiens sê dit het in Oktober 2011 ook in Johannesburg gesneeu.

Die koue wat sedert Maandag gevoel is, volg na wydverspreide sneeu  in die Oos-Kaapse, Vrystaat en KwaZulu Natalse provinsies wat voorverlede naweek groot ontwrigting op paaie veroorsaak het. Meer as 1 700 voertuie was in die diep sneeu by en rondom  Van Reenenspas in KwaZulu Natal vasgekeer.

‘n Vragmotor van Tip Top in die sneeu by Underberg. Die foto is voorverlede naweek geneem. Foto: Verskaf

Die afgelope naweek is weer sneeu gesien weens ‘n vinnig bewegende bolugtrog, maar minder ontwrigtend as die naweek vantevore.

Rudzani Malala, die Suid-Afrikaanse Weeerdiens se hoofwetenskaplike in langtermyn-weervoorspellings sê sneeu is nie tot wintermaande beperk nie, en beslis ook nie ongewoon of seldsaam in die laat winter en vroeë lente nie. Hy sê dit is al selfs  in die verlede op Nuwejaarsdag in KwaZulu Natal gesien

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button