NewsNews

Sterrekyk by Deelfontein

Saterdagaand 3 September bied Frik le Roux van die astronomiese vereniging hierdie seisoen se laaste sterrekykuitstappie by Deelfontein se sterrewag aan. Die winter is verby, die aande nie meer so koud nie, maar die sterrehemel nog helder en die risiko van wolkbedekking klein. Binnekort verdwyn die interessante konstellasies, die hoër voggehalte in die lug en ’n groter kans vir wolke sterrekyk onvoorspelbaar. Op die oomblik is daar ’n interessante opeenhoping van al die planete wat met die blote oog sigbaar is. Mercurius, Venus en Jupiter is aldrie naby mekaar in die weste net na sonsondergang te sien.

Saterdagaand 3 September bied Frik le Roux van die astronomiese vereniging hierdie seisoen se laaste sterrekykuitstappie by Deelfontein se sterrewag aan. Die winter is verby, die aande nie meer so koud nie, maar die sterrehemel nog helder en die risiko van wolkbedekking klein. Binnekort verdwyn die interessante konstellasies, die hoër voggehalte in die lug en ’n groter kans vir wolke sterrekyk onvoorspelbaar.
Op die oomblik is daar ’n interessante opeenhoping van al die planete wat met die blote oog sigbaar is. Mercurius, Venus en Jupiter is aldrie naby mekaar in die weste net na sonsondergang te sien.
Mars en Saturnus is in die kop van die Skerpioen, met Mars in die afgelope paar weke in skynbare terugwaartse beweging.
Net twee dae na nuwemaan heers daar op Saterdag ideale sterrekykomstandighede. Die uitstappie begin om 19:00 met ‘n aanbieding in die seminaarkamer van die Koepel Kunstesentrum.
Teen 20:30 is dit dan donker genoeg om deur die twee teleskope by die sterrewag die wonders van die naghemel te bekyk.
Toegang kos R100 per persoon. Meld asseblief vooraf by Gerhard Benade aan (083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za) en laai padaanwysings na Deelfontein van die webwerf www.deelfontein.co.za af. Vir diegene wat nie laataand wil terugry huistoe nie, is daar nog akkommodasie in die gastehuise op Deelfontein beskikbaar.
Die volgende natuuruitstappie by Deelfontein word deur professor Roger Gibson van die Departement Geologie by die Universiteit van die Witwatersrand gelei, en vind op Saterdag 1 Oktober plaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button