Local newsNews

Herrie oor voorstel vir nuwe naam vir Deneysville

Nie net die VF Plus nie, maar ook die DA meen die voorgesteldenaamsverandering sal 'n groot finansiële las vir alle betrokkenes meebring sonder enige bydrae tot dienslewering, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei.

Die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns en Kultuur moes eers die publiek geken het in sy voorneme om moontlik
die dorp Deneysville, se naam na Lekoa te verander, en moes meer gedoen het om erkening te gee aan die ryk geskiedenis van die dorp. So sê die VF Plus oor die voorgestelde naamsverandering waarvan inwoners van dié dorp eers op 11 September te hore gekom het. Die party het intussen ‘n formele beswaar teen dié
naamsverandering ingedien.

Die VF Plus sê in ‘n verklaring ten spyte van verskeie versoeke vir ’n openbare vergadering in Deneysville, het die departement op
16 September slegs ’n vergadering met gemeenskapsleiers gehou, waar geen duidelike redes vir die naamsverandering
gegee is nie.

Nie net die VF Plus nie, maar ook die DA meen die voorgesteldenaamsverandering sal ‘n groot finansiële
las vir alle betrokkenes meebring sonder enige bydrae tot dienslewering, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike
ekonomiese groei.

“Verder ignoreer die ANC-regering met hierdie voorstel die dorp se geskiedenis en ontwikkeling, wat strydig is met die
ooreenkoms van 1994,” is gesê. Ingevolge dié ooreenkoms is munisipaliteite hernoem, maar dorpe en stede se historiese name
het behoue gebly. So is Deneysville se naam behou, terwyl die munisipaliteit Metsimaholo genoem is – uit erkenning
van almal se gedeelde geskiedenis en diversiteit.

Deneysville, wat in 1936 geproklameer is en binnekort sy 100ste bestaansjaar vier, het ’n ryk geskiedenis en is vernoem
na Deneys Reitz, voormalige minister van waterwese, en seun van die destydse staatspresident F.W. Reitz van die Vrystaat.

Die DA het in sy kommer oor die voorgestelde naamsverandering van Deneysville en die Gawie de Beer
wildreservaat gesê dat die brief met die kennisgewing oor die voorgestelde naamsverandering – wat deur die Vrystaatse
Geografiese Naam Komitee geskryf is – 5 September aandui as die sperdatum vir besware. Dit is slegs ses dae voordat die
gemeenskap van die voorstel ingelig is.

Die party het beklemton dat geaffekteerdepartye minstens 14 dae moes hê om besware of voorstelle te kan indien, en dat die gemeenskap van Deneysville hierdie geleentheid ontneem is om hul erfenis te beskerm. Die DA sê die party het ‘n klagte
by die openbare beskermer ingedien oor die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se versuim om korrekte prosedure te volg, en is ‘n brief ook aan die Minister van Sport, Kuns en Kultuur gerig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button