Local newsNews

Sakeman se dood laat groot leemte in Parys-gemeenskap

Willie sal onthou word vir sy fyn humorsin en ruim hart vir ander.

Sakeman Willie Boshoff van PNA is Donderdag 19 September in die ouderdom van 65 jaar aan ‘n hartaanval oorlede.
Sy skiellike dood laat ‘n groot leemte nie net vir sy gesin nie, maar ook in die gemeenskap van Parys waar hy diep spore oor baie jare getrap het.

Willie is in Vierfontein gebore waar hy ook gematrikuleer het. Sy liefde vir kinders laat hom besluit om onderwys te gaan studeer, en begin hy sy onderwysloopbaan by Welkom Gimnasium.

In 1997 verhuis hy na Parys en koop hy die PNA franchise in die dorp. In 2009 besluit hy egter om die Franchise-groep te verlaa,t en begin hy Parys News Agency wat hy oor jare opbou as suksesvolle skryfbehoefte winkel in die dorp.

Willie was ‘n man met ‘n fyn humorsin, Iemand wie bekend was vir sy pittige sêgoed, maar ook sy ruim hart. Waar hy kon help om die lewe vir iemand anders beter te maak, het hy gehelp.

Hy was van jongs af ‘n kranige sportman. Noem ‘n sportsoort, en hy het dit gedoen. Hy was veral baie betrokke by muurbal in die dorp, maar het ook graag gholf gespeel, vis gevang en dit geniet om in die natuur te wees en voëls te kyk.
Kinders, sport en musiek was sy grootste passies in die lewe.

Die gedenkdiens vir Willie vind plaas Dinsdag 1 Oktober om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos.

Hy sal met net die mooiste herinneringe onthou word deur Sanita, Claudette en Cindy, kleinkinders Carlé en Aguné met wie hy ‘n baie spesiale band gehad het, sy ma, en susters, Jolene en Susan, asook sy swaer, Basie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button