Local newsNews

Unieke reisende fotouitstalling besoek Parys

Toegang is gratis en besoekers is welkom.

‘n Unieke reisende uitstalling van foto’s deur van die beste fotograwe in die land kan in Oktober by die Woodlands Country
Lodge in Parys gesien word, waarna Potchefstromers ‘n beurt kry om die uitstalling in die Snowflake Gallery te sien.

Dit vorm deel van ‘n uitstalling wat tot 2026 deur die land sal reis ter herdenking van die 70ste bestaansjaar van die Photographic
Society of South Africa (PSSA).

Die 70 afdrukke van 70 fotograwe is met sorg gekies uit 850 inskrywings wat PSSA lede van oor die land ingeskryf het. Die doel
van die uitstalling is om die uiteenlopende vaardighede van lede in ‘n verskeidenheid van genres te vertoon.

Die inkomste van foto’s wat verkoop word, sal aan die SANParks Honorary Rangers geskenk word.

Wave backflip deur Danie Smit van die
Sasol Highveld Photography Club.

PSSA is in 1954 gestig omdat die stigterslede geglo het ‘n oorkoepelende  verteenwoordigende organisasie is die ideale
manier om hoë fotografiese standaarde in die land te bevorder wat met die uitstalling gesien kan word.

PSSA het tans 116 senior en skoolklubs in 11 streke wat by die vereniging geaffilieer is, asook meer as 1 100 individuele lede.

Afdrukke deur van die beste SuidAfrikaanse fotograwe, tot uitstaande werk deur minder ervare lede (selfs ‘n skolier), is gekies vir die uitstalling. ‘n Kwart van die lede wie se foto’s gekies is vir die uitstalling kom van klubs in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Sasolburg, die Vrystaat en Suidelike Johannesburg.

Werk deur die wenners en toppresteerders in ‘n jaarlikse kompetisie, genaamd die Impala Trophy, kan ook gesien word.

PSSA president Simon Fletcher beskryf dit as “waarskynlik die strafste fotografiese kompetisie in Suid-Afrika, wat strek oor 11
maande.”

Om te wen, moet die meeste beelde wat jy inskryf aanvaardings of toekennings kry.

Meer as 1 000 fotograwe skryf jaarliks in vir die digitale en afdruk-salonne wat deel vorm van die kompetisie.

Die uitstalling kan van 30 September tot 4 Oktober by die Woodlands Country Lodge in Parys besigtig word, en van 9 tot 18 Oktober by the Snowflake Gallery in Potchefstroom.

Toegang is gratis en besoekers is welkom.

Catch me if you can deur Gonnie Myburgh, die wenner van die 2024 Impala trofee vir afdrukke

Die uitstalling in Parys val saam met die PSSA Kongres wat terselfdertyd by dieselfde lokaal gehou word. Almal met ‘n belangstelling in fotografie is welkom om die kongres by te woon – ook diegene wat nie PSSA lede is nie.

Gaan na https://pssa.co.za/pssa-nationalcongress-2024/om die daaglikse program van lesings en werkswinkels deur kenners
op hul gebied te sien, en om te registreer.

Van die prestasies en mylpale wat PSSA oor die afgelope 70 jaar bereik het, is internasionale erkenning van verskeie lede
as die beste in hul klas in die wêreld. PSSA het ook ‘n internasionale kompetisie agt jaar agtereenvolgens gewen.

Die vereniging het verteenwoordiging op van die voorste internasionale fotografiese liggame soos FIAP (Fédération International de’l Art Photographique) met verteenwoordiging in 92 lande, asook die Photographic Society of America.

PSSA stigterslid Dr Kin Bensusan is deur ‘n vooraanstaande Britse tydskrif aangewys as een van die beste fotograwe van sy tyd
en sy versameling van waardevolle boeke en antieke kameras – insluitend miniatuur spioen-kameras – het die basis gevorm van
die Bensusan Museum of Photography in Johannesburg.

Voormalige PSSA president Jill Sneesby is ‘n toegeken deur die American Photographic Society vir haar diens tot fotografie en sy is die FIAP verteenwoordiger in Suid-Afrika.

Vir navrae oor die Parys uitstalling en PSSA kongres stuur ‘n e-pos na Chris Nel by chrisnel37@gmail.com of skakel 082 891 9944.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button