NewsNews

ATKV gee erkenning vir SA se Mej. Dowe Wêreld

Janie Erasmus wat op 16 Julie in Praag in die Tsjeggiese Republiek as Mej. Dowe Wêreld 2016 aangewys is, is pas deur die ATKV vereer as trotse Centurion en trotse Suid-Afrikaner.

Die 28-jarige Janie Erasmus wat op 16 Julie in Praag in die Tsjeggiese Republiek as Mej. Dowe Wêreld 2016 aangewys is, is pas deur die ATKV vereer as trotse Centurion-inwoner en trotse Suid-Afrikaner.

Volgens Sakkie Kotze van die ATKV is daar ‘n groot behoefte vir meer begrip en respek tussen gestremdes en nie-gestremdes.’n Vers- en klankprogram waar gestremdes as kunstenaars sal optreee, word daarom tans beplan sê hy.

Janie Erasmus saam met Sakkie Kotze en Beatrice Kotze van die ATKV.
Janie Erasmus saam met Sakkie Kotze en Beatrice Kotze van die ATKV.

Janie is  van Centurion en ‘n oudleerling van Hoërskool Eldoraigne. Sy is in 2015 as Mej. Doof Suid-Afrika aangewys. Die wêreldkroon was een van die pragtige skoonheid se grootste drome wat vir haar bewaarheid is.

Met haar kroning het Janie reeds gewys dat dowes net soveel dryfkrag het as horendes en is sy beslis ‘n inspirasie vir almal om haar om groot te droom.

Sy glo aan respek vir alle mense ten spyte van verskille en dat moed opgee nooit ‘n opsie is nie.

Janie is baie positief oor Suid-Afrika en sonder graag die land se mense uit vir hul vriendelikheid en die klimaat.

Janie is ‘n gekwalifiseerde skoonheidskundige wat tans as finansiële klerk by die Erasmus-groep werk waar sy ook verskeie liefdadigheidsprojekte vir hulle sal hanteer. Hierbenewens is sy ambassadeur vir die Decibel Cochlear Campaign.

Sy  is die eerste Mej. Dowe Wêreld met bilaterale koglêere inplantings.

Janie Erasmus by The Dell Cheetah Centre net buite Parys waar sy vroeër vanjaar was vir 'n fotosessie voor haar vertrek na Praag.
Janie Erasmus by The Dell Cheetah Centre net buite Parys waar sy vroeër vanjaar was vir ‘n foto- en videosessie wat die diere van Suid-Afrika uitbeeld, kort  voor haar vertrek na Praag.

FB_IMG_1465237528566

 


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button