Local news

‘n Tjoppie op die kole vir Erfenisdag

Vier jy Erfenisdag of Braaidag met 'n tjoppie op die kole?

Suid-Afrikaners is een van die lande met die rykste kultuur en op 24 September 2024 kry elke Suid-Afrikaner die geleentheid om hulle kultuur en erfenis te vier. Verskeie geleenthede word regoor die land aangebied om hierdie dag te herdenk.

Suid-Afrika blom met kulturele rykdom. Nie net is daar twaalf amptelike Suid-Afrikaanse tale nie, maar daar word ook verskeie godsdienste soos die Christendom, Islam, Hindoeïsme, Afrika Tradisionele Godsdiens, Judaïsme, Boeddhisme en ander godsdienstige tradisies in Suid-Afrika beoefen.

Erfenisdag is ‘n Suid-Afrikaanse openbare vakansiedag en op hierdie dag word Suid-Afrikaners aangemoedig om hul kultuur en die diversiteit van hul oortuigings en tradisies te vier.

En wat is nou lekkerder as om ‘n tjoppie op die kole te gooi? Dit is iets wat meeste Suid-Afrikaners in gemeen het. Dit is ook hoekom Erfenisdag as Braaidag gedoop is.

Christo Viljoen, bestuurder van Luken Abattoir in Parys, sê mense is lief om steak-snitte soos rump sirloin en T-bone vir Braaidag te koop.

“Wat is ‘n braai dan sonder ‘n knoffelbrood? Mense is ook lief vir knoffelbrood saam met ‘n braai.”

Hy vertel ook hulle is gereed vir Braaidag.

“Ons glo dit gaan lekker besig wees. Ons het genoeg personeel en ons is gereed om mense te bedien.”

Santa Venter sê haar seun verjaar op Braaidag so hulle gaan defnitief braai.

“Ons werk vir ons gemeenskap. Ongelukkig moet iemand kyk dat werk gedoen word,” sê Laürie Poolman.

Andries Grove sê daar gaan omtrent geeët word.

“Ek en Wally gaan hoofgereg by National Roadhouse eet en poeding by die Stasiekafee eet.”

Luken Abattoir in Parys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button