Local newsNews

Kom trek die grote nader met jou vliegstok

In 2019 het die klubbestuur die behoefte raakgesien om ook vlieghengel by die klub in te sluit omdat hier van die beste vlieghengel rivierstroke in die land is

Vereeniging-hengelklub hou Saterdag ‘n vlieghengelkompetisie by Bosrand net buite Parys, en ‘n ieder en elk is welkom om te kom lyn natmaak.

Inskrywings kos R50, en sluit middagete in. Kinders is ook welkom.

Belangstellendes wat wil deelneem kan Corné van der Schyff kontak per WhatsApp by 082 562 4767. Besprekings is noodsaaklik omdat daar net ‘n beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar is.

Die Vereeniging-hengelklub is in 1952 gestig, en het na ‘n paar jaar die plaas Bosrand langs die S254 gekoop met die gedagte dat lede hier hul vernuf agter die stokke kan kom wys. Om by Bosrand te kom, volg die R59 Parys/Vredefort-pad en draai regs op die S254 net na Vaal de Grace. Die ingang is direk langs Tjirp Wedding Venue.

Die klub is tans die grootste hengelklub in Gauteng.

In 2019 het die klubbestuur die behoefte raakgesien om ook vlieghengel by die klub in te sluit omdat hier van die beste vlieghengel rivierstroke in die land is. As jy lief is vir hengel, maak seker jy mis nie die naweek se hengelkompetisie nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button