Local newsNews

Udolpho se voëls pronk vir kykers

Op 28 September word daar voëls gekyk by Koedoeslaagte in die Vredefort Koepel

Daar is 39 voëlspesies aangeteken met die Feathers-voëlklub se Augustus-uitstappie na die FAK se Udolpho Rivierplaas. Die groep het ook by die geleentheid meer te wete gekom van Udolpho, en die geleentheid gehad om na die fotogallery te gaan kyk.

Wanneer die klub op 26 September bymekaar kom sal Stephan Heydenrich van Potchefstroom kom gesels oor hul besoek aan Botswana, Caprivi en Namibië, en wat hul daar gesien en beleef het. Die byeenkoms vind soos gewoonlik om 18:30 by die Sally Martin Park-saal plaas.

Op 28 September word daar voëls gekyk by Koedoeslaagte in die Vredefort Koepel. Tydens Feathers se vorige besoek in Oktober 2020 aan Koedoeslaagte is daar 46 voëlspesies aangeteken. Dit is gewoonlik moeilik om die Piet- my-vrou te siene te kry, maar tydens hierdie besoek het hy naby in ‘n boom gaan sit en daar is hope foto’s van hom geneem.

Alle belangstellendes is welkom by die September byeenkoms en uitstappie.

Diegene wat Koedoeslaagte gaan besoek, vertrek om 06:30 op 28 September vanaf PnP se parkeerterrein, en daar is ‘n dagbesoekersfooi van R50 betaalbaar. Hierdie reëlings sal tydens die klubbyeenkoms gefinaliseer word. Onthou jou piekniekmandjie, verkyker en stoel.

Vir meer inligting oor Feathers of die byeenkomste, skakel Hansie Bekker by 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121.

Voëlkykers tydens hul besoek aan die Udolpho Rivierplaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button