NewsNews

Voëls in die vleilande – kom kyk en luister

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms word vanaand, Donderdag 25 Augustus by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Die byeenkoms begin om 18:30 en Pieter en Poppie Killian kom gesels oor vleilande en die voëls wat daar aangetref word. Hulle sal ook foto’s van die voëls wys. Aangesien die klub graag beide werkende en nie-werkende mense wil akkommodeer, sal maandelikse uitstappies voortaan afwisselend op ’n Donderdag en ’n Saterdag gereël word. Daar is ook besluit dat daar in Junie, Julie en Augustus geen formele uitstappies gereël sal word nie. Die eerste Donderdagoggend uitstappie word beplan vir 22 September. Verdere besonderhede oor

Feathers Voëlklub se volgende byeenkoms word vanaand, Donderdag 25 Augustus by die Sally Martin Park saal in Parys gehou.
Die byeenkoms begin om 18:30 en Pieter en Poppie Killian kom gesels oor vleilande en die voëls wat daar aangetref word. Hulle sal ook foto’s van die voëls wys.
Aangesien die klub graag beide werkende en nie-werkende mense wil akkommodeer, sal maandelikse uitstappies voortaan afwisselend op ’n Donderdag en ’n  Saterdag gereël word. Daar is ook besluit dat daar in Junie, Julie en Augustus geen formele uitstappies gereël sal word nie.
Die eerste Donderdagoggend uitstappie word beplan vir 22 September. Verdere besonderhede oor die uitstappie sal later gegee word.
Skakel vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306 of Sanita Kemp by 072 421 8799.
Belangstellendes is welkom om hierdie geleenthede by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button