NewsNews

Gewetenlose pangaslagters laat hul merk ná gru-slagting

Veediefstal het oor die afgelope maand selfs nog skerper toegeneem in die Parys en Vredefort omgewing. Soveel so dat daar reeds op interprovinsiale vlak ’n tyd gelede ingegryp is met ’n Forum om inligting oor veediefstal beter te koördineer vanaf die ondersoek tot by vervolging.

Veediefstal het oor die afgelope maand selfs nog skerper toegeneem in die Parys en Vredefort omgewing. Soveel so dat daar reeds op interprovinsiale vlak ’n  tyd gelede ingegryp is met ’n  Forum om inligting oor veediefstal beter te koördineer vanaf die ondersoek tot by vervolging.
Sedert einde Julie was daar  weer verskeie skokkende veeslagtings hier wat duidelik op georganiseerde misdaad met afsetpunte vir die vleis dui.
In sommige van die gerapporteerde veediefstalsake word die vee lewend gelaai en verkoop op afsetpunte, en in ander gevalle is die vee op die toneel geslag.
Op 29 Julie het gewetenlose pangaslagters 5 Bonsmara koeie op ’n plaas teen die R59 noordoos van Parys, op brutale wyse geslag. Die vleis met velle en ’n  beeskop is teen die R59 opgelaai.
Drie van die koeie het klein kalwers gehad en twee was dragtig.
Sondagnag is ’n  soortgelyke voorval op ’n  plaas 4km buite Parys aan noordwes-kant teen die Parys/Fochville-pad gerapporteer.
Dit was reeds die derde aanslag op die eienaar se beeste. In Sondagnag se voorval is 5 kampe se lyndrade geknip en ’n  Simmentaler bul en 3 swaar dragtige Simmentaler koeie aangejaag en hul haksenings toe met pangas gekap waarna die beeste geslag is deur die gewentenlose bosslagters.  Soos met die voorval teen die R59 is die koeie se uiers met spene na bo geplaas op die toneel gelaat en word geglo dat hierdie die merk van die groep pangaslagters is.
Naas hierdie voorval is daar die afgelope week ook 19 skape in die Lindequesdrift-omgewing naby Vanderbijlpark gesteel, en is daar Vrydagaand naby die Kroonvaal-tolhek ook skape gesteel wat Saterdagoggend vasgebind in die veld op ’n  buurplaas gekry is waar hulle oënskynlik later opgelaai sou word.
Boere word baie ernstig gevra om seker te maak alle groot en klein vee is gebrandmerk en geta- toeër. Tel jou vee gereeld en besoek die vee. Dit is duidelik dat die veediewe weet waar vee nie gereeld getel word of duidelik gemerk is nie. Boere moet ook seker maak hulle skakel in by die Boereverenigings en Gemeenskap Polisiëring Forums in hul onmiddellike         omgewing sodat inligting oor veediefstal akkuraat en vinning aan die Forum deurgegee kan word.
Dit is lankal reeds ’n groot bron van kommer dat vaardighede in spesialiseenhede soos ook die Veediefstaleenheid al minder word en dat eenhede soos hierdie baie wye areas bedien wat dit nodig maak dat boere en ander rolspelers nouer moet saamwerk om veediefstal meer doeltreffend te bekamp. Onthou dat die Vredefort Koepel GPF die hele distrik vanaf Skandinawiëdrif in die weste tot duskant Viljoenskroon, Kroonstad, Koppies en Parys in die Ooste bedien.  As jy onseker is waar jy moet inskakel of navrae het skakel  Sarel van der Wat by 083 284 6392.

Related Articles

Back to top button