Local newsNews

Laaste eer vir juffrou Susan

Ons innige medelye met die familie.

Een van Parys se bekende oudonderwysers, juffrou Susan Nolte, is op die rype ouderdom van 93 jaar oorlede. Sy het haar in 1974 in Parys gevestig, en tot haar aftrede skoolgehou by die plaaslike laerskool.

Mev Nolte het BA HOD studeer aan  die Universiteit van Pretoria en het talle leierskapsposisies beklee. In 1953 trou sy met Stephen Nolte van Parys. Hulle het op die plaas Fairview in die Heilbron-distrik geboer.

Toe sy op 42 jaar weduwee geword het, het sy na Parys verhuis.

Op haar dae was sy ‘n gerespekteerde onderwyseres, en het met liefde en dissipline haar skoolkinders onderrig. Sy was by talle
kulturele aktiwiteite, konserte, onthale, verenigings en klubs betrokke. Sy was ook ‘n ywerige en betrokke lidmaat by die Parys-Suid NG kerk.

Die afgelope jare was sy in die Sally Martin Park Versorsingseenheid in Parys, waar sy met liefde versorg is deur die personeel.

Mev. Susan Nolte, oudonderwyseres van Parys.

Mev. Nolte word oorleef deur haar drie kinders, Ella du Toit, Frik Nolte en Jacobus Nolte, asook sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders.

Die gedenkdiens word gehou op Saterdag 14 September 11:00 vanuit Parys Suid NG gemeente.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button