Local newsNews

Kinderliedjies laat herinneringe uit kinderdae herleef

Omdat soveel mense nie meer CD-spelers het nie, maak die geheuestokkie die treffers toeganklik vir 'n nuwe geslag.

Drieka Loock het ‘n niggie, Carina wat na die Carina in Francois en Elizabeth Fourie se trefferlied, Wil jy dans Carina, vernoem is. Annari Burger het weer op haar beurt as skoolkind aan ‘n massa-kooraand in Parrow deelgeneem toe daar saam met Francois en Elizabeth gesing is. So het elkeen van die drie wenners wat vandeesweek ‘n geheuestokkie met Elizabeth Fourie se 101 Lekker Kinderliedjies as prys ontvang het, hul eie besondere herinneringe van die sangpaar Francois en Elizabeth se treffers oor die jare.

Parys Gazette het verlede week vir drie lesers die geleentheid gebied om elk een van die geheuestokkies met Elizabeth se kinderliedjie-treffers te kon wen. Die gelukkige wenners was Vivienne Koch van Parys Christelike Skool, Annari Burger en Drieka Loock.

Armandé Burger saam met Elizabeth Fourie. Armandé se ma, Annari, was een van die wenners.

Die geheuestokkies bevat die gewildste kinderliedjies van vyf vorige CD’s van Elizabeth Fourie, en elke liedjie is deur Elizabeth self geskryf.

Lekker saamsing woorde en melodieë wat elke kind aan die dans sal kry. “Omdat soveel mense nie meer CD-spelers het nie, maak die geheuestokkie die treffers toeganklik vir ‘n nuwe geslag.

Die gelukkige wenners was Vivienne Koch van Parys Christelike Skool, Annari Burger en Drieka Loock.

101 Lekker Kinderliedjies is teen slegs R200 beskikbaar wat rofweg uitwerk op R2 ‘n liedjie, maar die vreugde wat musiek in ‘n kind se lewe bring, se waarde kan nie bereken word nie,” sê Elizabeth. Die geheuestokkie is nie in winkels beskikbaar nie, en lesers kan Elizabeth WhatsApp op 0825624323, of ‘n epos stuur na elizabeth@efmusiek.co.za.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button