NewsNews

Vrou oorweeg regstappe teen Potch Hospitaal

‘n Vrou oorweeg regstappe teen Potchefstroom Hospitaal nadat hulle haar oupa volgens haar baie swak behandel het. Volgens me. Hilda Snyman, is oupa Hercules “Boet” Visser (87) op 22 Julie laatmiddag in saal 9 opgeneem. “Hy was nie siek nie, hy het net gesê hy voel nie lekker nie en dat hy so bietjie benoud voel. Hy het self daar ingestap en self op die bed geklim.”

Amper-2-weke-later-en-merk-in-oupa-se-nek-nog-baie-duidelik-en-seer

‘n Vrou oorweeg regstappe teen Potchefstroom Hospitaal nadat hulle haar oupa volgens haar baie swak behandel het.
Volgens me. Hilda Snyman, is oupa Hercules “Boet” Visser (87) op 22 Julie laatmiddag in saal 9 opgeneem.
“Hy was nie siek nie, hy het net gesê hy voel nie lekker nie en dat hy so bietjie benoud voel.
Hy het self daar ingestap en self op die bed geklim.”
“Daar is bloed getrek en plate geneem en daar was niks snaaks, niks buitengewoon nie.”
Volgens haar was hy Saterdag steeds in die hospitaal. Hulle het gedink dat dit net ’n vinnige in en uit sou wees. Hy was ook nog baie geselserig.
“Hulle wou hom nie ontslaan nie. want hy moes volgens hulle vog kry. Hy het ’n drup ingehad, maar dit was toegedraai.”
Toe hulle Sondagmiddag weer na oupa toe gaan het hulle die skok van hulle lewe gekry.
“Hy was vasgemaak aan die bed, sy voete weerskante van die bed vas… sy lyf met ’n band vasgemaak en met ’n drup in sy voet.
Sy lip was opgeswel maar nie blou nie, hy het pers merke in sy nek gehad en was so deurmekaar dat hy nie geweet het waar of wie hy was nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button