Daar’s werk gemaak met R59 se gate
Die slaggate het kommer gelaat oor die veiligheid van motoriste

Daar is Dinsdag begin met die herstel van slaggate op die R59 tussen Sasolburg en Parys in die omgewing van die Parys-vliegveld. Volgens DA rdl Saal de Jager het hy verskeie klagtes van motoriste oor slaggate op dié pad ontvang
Hy sê verder baie goeie samewerking is van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer in die Fezile Dabi streek gekry om werk te maak van die gate.

Mnr. James Nkabinde, dhoof paaie superintendent vir die Fezile Dabi distrik, het dadelik plan gemaak en is Dinsdagmiddag bevestig dat 75% van die slaggate, groter sowel as kleiner gate, op dié gedeelte van die R59 nou herstel is.
Hy het ook gesê dat daar Woensdag voortgegaan sal word met die herstel van die slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg, waarna daar ook aandag gegee sal word aan die gedeelte tussen Parys en Vredefort.






