NewsNews

Parys se jong kokke wys hul slag vir Kokkedoortjie-oudisie

Parys staan beslis uit as dit kom by kookvernuf. Petra van Niekerk en Zané Labuschagne, albei van Parys, is onder die 150 kranige jong kokke wat die kortlys gehaal het vir die Johannesburgse oudisie vir die Kokkedoortjie-reeks. Die oudisie is gehou by die Capsicum Cullenary. Oudisies vir die reeks bestaan uit drie rondtes wat onderskeidelik in Johannesburg Bloemfontein en Kaapstad gehou word. Die Kokkedoortjie-reeks sal dan gedurende die skoolvakansie in Kaapstad verfilm word wanneer die deelnemers aangewys is.

Om te kon deelneem aan vandag se oudisie moes al die deelnemers 6 kolwyntjiekoekies bak wat hul persoonlikheid en belangstellings weerspieël. Die oudisie sal ook vanaand op E-nuus op KykNet gewys word.

Op die foto's is Petra van Niekerk saam met Corli, wenner van Koekedoor, en Zané Labuschagne wat albei vandag (Dinsdag 23 Augustus) deelgeneem het aan 'n oudisie vir Kokkedoortjie.
Op die foto’s is Petra van Niekerk saam met Corli, wenner van Koekedoor (onder), en Zané Labuschagne(foto bo) wat albei vandag (Dinsdag 23 Augustus) deelgeneem het aan ‘n oudisie vir die  Kokkedoortjie-reeks.

FB_IMG_1471964796735

Related Articles

Back to top button