Welkome verligting in brandstofpryse vir die vierde keer
Dit is veral goeie nuus vir klein sakeondernemings en pendelaars

Brandstofpryse sal Dinsdag om middernag daal met soveel as 92c/l vir petrol. Vir 95-oktaan petrol beteken dit dat die prys per liter van Mei tot September met R3,30 afgekom het.
Die pryse vir September is as volg.
Petrol 93-oktaan: Daal met 92c/l
Petrol 95-oktaan: Daal met 92 c/l
Diesel (0.05% swaelinhoud): daal met 79c/l
Diesel (0.005% swaelinhoud): Daal met R1,05c/l
Paraffien: Daal met R1,03c/l
Gas: Daal met 10c per kilogram
Dit is die vierde maand agtereenvolgens dat verbruikers ‘n verlaging in brandstofpryse sien wat die Rand se verstewiging teenoor die Amerikaanse Dollar in Augustus weerspieël, asook die laer olieprys.
Die olieprys het wêreldwyd ook meer gestabiliseer gedurende Augustus ten spyte van sy eie markwisseling.
Wisselende brandstofpryse het ‘n direkte invloed op besighede se bedryfskoste en die leefkoste vir verbruikers. Dikwels is dit klein besighede en pendelaars wat die hardste getref word deur stygende brandstofpryse.
Kenners is versigtig optimisties dat brandstofpryse bestendig sal bly oor die kort termyn.



