Local newsNews

Laaste sterrekyk vir dié seisoen

Moenie uitmis op hierdie sterrekyk by Deelfontein nie.

Hoewel min van ons van die winter hou het die winter met sy koue nagte ook ´n groot voordeel: Die lug is dan minder vogtig en wolkbedekking is onwaarskynlik.

Daarom is die winter, sterretyd in die Vredefort Koepel. Met die koms van die lente raak hierdie geleenthede nou min.

Komende Saterdag om 19:00 vind die laaste sterrekykuitstappie van die jaar plaas. Deelnemers het die voordeel van ´n donker naghemel met nuwemaan en temperature wat nie meer so laag is soos in die vorige maande nie.

Die uitstappie word gelei deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika. ´n Inleidende aanbieding in die seminaarkamer langs die sterrewag gee algemene agtegrond van die sterre- en planeetbewegings, en daarna word die interessante objekte in die sterrehemel deur die 12” Schmidt-Cassegrain-teleskoop in die sterrewag bekyk, tot ongeveer 22:00.

Deelname kos R100 per persoon, wat in kontant direk aan die aanbieder betaal moet word. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Koffie en tee word voorsien.

Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Bespreek asseblief vooraf per whatsapp by 083 280 9784 of per epos by gerhard@deelfontein.co.za.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button