Die tragiese ongelukstoneel langs die R723 wat die lewens van vier mense ge-eis het
Drie mense is op die toneel dood en ‘n vierde het in die hospitaal gesterf nadat ‘n bakkie waarop mense agterop die bakkie vervoer is, vroeër vanmiddag op die R723 Parys/Koppiespad gerol het.
Vyf persone is in ‘n kritieke toestand per ambulans van die toneel vervoer en oorgeplaas na n Bloemfonteinse hospitaal, terwyl drie pasiënte in die Parys hospitaal opgeneem is.
Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Na wat verneem is, is die insittendes van Vredefort en Viljoenskroon afkomstig en was onderweg na Koppies.
Die pad was na die ongeluk gesluit vir verkeer, maar is voor 18:00 weer oopgestel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.