Local newsNews

Kragmeter opdatering: So moet jy maak

Maak seker dat jy al die kredietkodes wat jy het wat nog nie ingesleutel is nie, eers insleutel voordat jy die TID opdateringskodes insleutel.

Eskom en alle elektrisiteitsverspreiders in Suid-Afrika (wat munisipaliteite insluit), moet voor 24 November voorafbetaalde
elektrisiteitsmeters wat opdatering vereis, herkodeer. Die huidige TID-kode (Token Identifier) gaan verval en STSmeters (Standard Transfer Specification Compliant Meter) sal dan gevolglik nie meer elektrisiteitskoepon-kodes aanvaar as die meter nie opgedateer is nie.

Dit raak meeste voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in die land.

Die opdatering behels bloot die insleutel van twee kodes van 20 karakters elk in elke meter wat geherkodeer moet word.

Hoe weet jy of jy jou kragmeter moet herkodeer?
Wanneer jy ‘n elektrisiteitskoepon vir jou voorafbetaalde elektrisiteitsmeter koop, kyk op jou koeponstrokie of daar KRN1
of KRN2 aangedui word. KRN1 moet geherkodeer word.

Herkodering stap-vir-stap verduidelik:
* Sou daar op jou kragkoeponstrokie KRN1 aangedui word, moet jy eers al die kredietkodes wat jy het wat nog nie ingesleutel is nie, insleutel voordat jy die TID opdateringskodes insleutel. Geen terugbetaling van ongebruikte koepons sal gegee word nie.

* Sleutel dan die eerste TIDopdateringskode in en wag ‘n paar sekondes vir die meter om die kode te aanvaar.

* Sleutel dan die tweede TIDopdateringskode in. Wag ‘n paar sekondes vir die meter om die kode te aanvaar.

* Daarna kan mense wat kwalifiseer vir gratis krageenhede hul kode insleutel, of as jy krageenhede gekoop het, kan jy die nuwe
kredietkode insleutel.

Aanduidings is dat dit die minderheid kragmeters in Parys is wat klaarblyklik nog geherkodeer moet word.

Rdl. Saal de Jager het mense aangeraai om nie net te aanvaar dat sou jy ‘n nuwe meter hê, jou meter outomaties reg is nie.

Hy het mense aangeraai om eerder betyds op hul koeponstrokies seker te maak of die meter geherkodeeer moet word.

Hy sê verder die KRN1 en KRN2 kodes kan ook nou gesien word wanneer jy van aanlyn platforms gebruik maak om krag te
koop.

Wie kontak jy vir navrae en probleme?

Skakel: 060 534 3900

E-pos:datacleans1@ngwathe.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button