Local newsNews

Dit het geklink soos ‘n ontploffing, toe geweerskote….

Niemand is in die voorval beseer nie

Terwyl die Du Toit-gesin Vrydagaand aan die etenstafel gesit het, het die wind buite geruk en pluk. ‘n Skiellike koue wat die land sedert Donderdag getref het.

Toe is daar die oorverdowende slag – soos ‘n ontploffing, en kort daarna iets wat soos geweerskote geklink het. Almal het grootoog vir mekaar gekyk en gewonder wat dit kon wees. Daar is selfs vir ‘n oomblik gedink aan ‘n aardbewing.

Almal het gelyk buitentoe gestorm , maar dit wat die Du Toits in hul erf sou sien, het hulle nie in hul wildste drome kon voorstel nie. ‘n Peperboom-reus voor in die erf wat so by die 40 jaar oud was, het geswig voor die wind en oor ‘n gedeelte van die huis se dak en twee voertuie geval. Die ‘geweerskote’ wat hul gehoor het was die takke wat met die val gebreek het.

Maar glo dit of nie – nie ‘n enkele venster is gebreek nie. Dit is net genade dat niemand seergekry het nie, vertel Henry en Antoilene du Toit van Oranjestraat. En as jy sien hoe dit lyk, is die skade minimaal teen wat kon gewees het.

Daar is skade aan hul bakkie en Antoilene se ouers se bakkie wat voor die huis gestaan het terwyl die gesin saam gebraai het, en skade aan die dak, maar die dankbaarheid is baie groot, want dit kon erger gewees het.

Vanoggend is daar gesaag en opgeruim vir ‘n vale om die boomreus uit die pad te kry, en as jy hout nodig het – kom haal gerus by Oranjestraat 35, nooi die Du Toits.

Hier is baie hout na diƩ perperboom-slag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button