Local newsNews

‘Word gou gesond juffrou Liebe’

Dankie vir elkeen wat na Liebe uitgereik het om die operasie moontlik te kon maak.

Liebe Keyser, Laerskool Northmead se graad 4 Wiskunde juffrou en oudskolier van Hoërskool Parys is ‘n tree nader aan haar grootste wens om net weer sonder pyn en ongemak voor haar klas te staan. Liebe is vroeër met limfedeem gediagnoseer en is vandag in die Cintocare hospitaal geopereer om ‘n gewas in haar lies te verwyder en die limf te herlei na haar gesonde been.
Liebe het net meer as ‘n jaar gelede ‘n liesbreuk operasie ondergaan, maar het haar lang stryd daarna begin met erge pyn en haar been wat bly swel het. Meer doktersbesoeke, sonars, toetse, en biopsies as wat sy kan tel, het gevolg waartydens die gewas in haar lies opgetel is wat ook ‘n invloed gehad het op haar limfstelsel.
Om onderwyser te wees en heeldag op jou voete te wees, het die situasie vererger en moes sy dringend geopereer word.
Die delikate operasie wat deur ‘n mikrochirurg gedoen is word nie deur haar mediese fonds betaal nie, en hoewel die dokter Liebe baie tegemoet gekom het, het sy minstens R170 000 nodig gehad vir die operasiekoste, teaterkoste en narkotiseur.
Die foto van Liebe is voor die operasie geneem.
Vriende en familie het ingespring en ‘n  Back-a-Buddy veldtog  vir haar begin en het mense van oral uitgereik na Liebe.
Maar dit was een van haar leerders se briefie aan Jacaranda FM se Good Morning Angels wat die afgelope week harte diep geraak het met die kinders se uitreik vir hulp om hul juffrou te help, want vir hulle is Juffrou Liebe ‘n baie spesiale persoon en wil hulle hê dat sy haar droom moet kan leef – om in die toekoms van kinders te belê en met hulle haar liefde vir wiskunde te deel.
In haar radiogesprek met Martin Bester van Good Morning Angels, het Liebe vertel dat wiskunde vir haar ‘n  passie is. As onderwyser gee jy  so baie van jouself vir  kinders. Om hierdie passie te kan deel met die kinders sodat hulle die liefde vir wiskunde in my kan raaksien, en ek in hierdie posisie staan om ‘n verskil te maak, is vir my ‘n absolute eer het Liebe gesê.
Good Morning Angels het in antwoord op die kinderbriefie vir hulp vir hul juffrou, R50 000 bygedra tot Liebe se mediese koste.
Na die operasie van vyf en ‘n half uur, is Liebe vol vertroue oor die pad vorentoe en oneindig dankbaar vir haar haar skool, leerders, ouers, haar alma mater in Parys, en elkeen wat met soveel liefde uitgereik het na haar om haar te help.
.
Vir haar leerders is hul juffrou Liebe ‘n baie spesiale persoon. 
Die swelling in Liebe se voet  voor die operasie kan hier duidelik gesien word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button