Kultuur: Wat los ons vir ons nageslag
'Ons moet kultuur ook in 'n hedendaagse samelewing bevorder.'
Ons moet iets uit die verlede vir die nageslag los.
Dit was die boodskap van Jan Danie Malan, die FAK Sentraal se kultuurorganiseerder, toe hy op 6 Augustus by die Vroue Landbou Unie (VLU) byeenkoms gesels het oor kultuur. Die FAK is aktief betrokke by die bevordering van kultuur ook in die Parys-gemeenskap.
Jan Danie het die vroue aangemoedig om ‘n voorbeeld te stel vir die jonger geslag om kultuur ook in ‘n hedendaagse samelewing te bevorder.
Die VLU vroue kom weer op 1 Oktober bymekaar.
Jy hoef nie lid te wees van die organisasie om die byeenkomste by te woon waar ‘n verskeidenheid van interessante onderwerpe bespreek word. Kom kuier saam en kry inspirasie by hierdie groep dinamiese vroue wat maandeliks kreatiewe wenke deel. As jy die volgende byeenkoms wil bywoon of vrae het, gesels met Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.



