Local newsNews
Uitslae van Ngwathe wyksverkiesing bekend
Woensdag se stempersentasie vir wyk 7 was 38,49%.

Tshediso Ramabodu van die ANC is tydens Woendag se munisipale wyksverkiesing verkies tot wyksraadslid vir wyk 7. Die wykskandidaatpos het vakant geraak na die dood van ANC rdl. Modise Moroenyane wat op 5 Junie in die ouderdom van 47 jaar oorlede is.

Die ander kandidate wat in die tussenverkiesing gestaan het was Thabo Isaac Mpholo (ACT) en Mpolokeng Jeanett Ramokhoase (EFF).
Die ANC behou dus die wyk wat die party met die 2021 munisipale verkiesing gewen het met 64,46% stemme teenoor die 55,96% stemme wat met die 2021-verkiesing gekry is.
Woensdag se stempersentasie vir wyk 7 was 38,49%.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



