Local newsNews

Drie lesers staan ‘n kans om dié versameling allermooiste kinderliedjies te wen

Om te wen is so maklik soos om die volgende vraag te antwoord: Hoeveel liedjies is op die geheuestokkie? WhatsApp jou antwoord na 060 690 7591

Kinders wil sing, hulle wil dans en beweeg, en as daar boonop ‘n boodskap in hierdie liedjies is waaruit hulle iets kan leer – des te beter

Onthou jy nog daardie lekker saamsing liedjies van Elizabeth Fourie waarmee jy grootgeword het – Morsjors, Graad een Parabeen, Dierbare Ouma, Dis Sjokolade, Speelgoedland en soveel meer? Kinderliedjies wat binne ‘n kind se verwysingsraamwerk is. Dinge wat uit hul leefwêreld kom. Liedjies wat  emosionele gerusstellende waarde gee.

Hoeveel kindertjies gaan nog bed toe met musiek waarna hulle kan luister? Om nie te praat van oupas en oumas wat kleinkinders in die buiteland het en so graag die kosbare Afrikaanse musiekskatte met hulle wil deel, of kleuterskole wat graag die versameling lekkerluister liedjies wil bekom.

“Toe ‘n jong mamma by ‘n oggendkonsert op ‘n dag opmerk dat al dié wonderlike kinderliedjies sal verdwyn as daar nie bygebly word met tegnologie nie, het ek geweet die tyd is ook reg om van my gewildste kinderliedjies van vyf vorige CD’s te verpak op ‘n geheuestokkie as 101 Lekker Kinderliedjies, gesels Elizabeth Fourie. Omdat soveel mense nie meer CD-spelers het nie, maak die geheuestokkie die treffers ook nou toeganklik vir ‘n nuwe geslag.

Elizabeth se 101 Lekker Kinderliedjies is teen slegs R200 beskikbaar wat rofweg uitwerk op R2 ‘n liedjie, maar die vreugde wat musiek in ‘n kind se lewe bring, se waarde kan nie bereken word nie, sê sy.

Omdat die geheuestokkie nie in winkels beskikbaar is nie, kan lesers Elizabeth WhatsApp op 0825624323, of ‘n epos stuur na elizabeth@efmusiek.co.za

Drie lesers kan vandeesweek wen!

Parys Gazette gee vandeesweek vir drie gelukkige lesers die kans om ‘n netjies verpakte geheuestokkie met 101 Lekker Kinderliedjies van Elizabeth Fourie te wen. Dit is so maklik soos om die volgende vraag te antwoord:
Hoewel liedjies is op die geheuestokkie?

WhatsApp jou antwoord na 060 690 7591

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button