NewsNews

Gemaak met liefde vir kleingoed wat nie het nie

Vlytige oumenshande - sommige al kromgetrek van arthritis -het vir maande aaneen gewerk om oor die 500 mooigoed te maak. Mooigoed vir kleingoed wat nie het nie. En so word daar die afgelope 5 jaar al vir die Shoprite/Checkers Pretty Things for Little Things inisiatief gewerk deur bejaardes van Sally Martin Park. Selfs uit Schonkenville neem bejaardes aan die projek deel. Hoewel daar minder artikels vanjaar gemaak is, is daar steeds 500 kreatiewe, kleurvolle items uit Parys ingeskryf. Van truie, mussies, serpe, rokke, baadjies, poncho’s en teddies tot poppe, opvoedkundige speletjies en houtspeelgoed. Aan idees het dit nie ontbreek nie met die fokus sterk op herwinbare materiaal. So het leë roomblikkies Minions geword en ou blikke banjo’s. Die groot dryfkrag agter die projek om soveel moontlik items uit Parys in te skryf, is Cathy du Plessis en Elize Oliver. So het hulle 45 vroue en 2 mans gekry om deel te neem waarvan die meeste tussen 80 en 89 jaar oud is.

Vlytige oumenshande – sommige al kromgetrek van arthritis -het  vir maande aaneen gewerk om oor die 500 mooigoed te maak. Mooigoed vir kleingoed wat nie het nie. En so word daar die afgelope 5 jaar al vir die Shoprite/Checkers Pretty Things for Little Things inisiatief gewerk deur bejaardes van Sally Martin Park. Selfs uit Schonkenville neem bejaardes aan die projek deel.
Hoewel daar minder artikels vanjaar gemaak is, is daar steeds 500 kreatiewe, kleurvolle items uit Parys ingeskryf. Van truie, mussies, serpe, rokke, baadjies, poncho’s en teddies tot poppe, opvoedkundige speletjies en houtspeelgoed. Aan idees het dit nie ontbreek nie met die fokus sterk op herwinbare materiaal. So het leë roomblikkies Minions geword en ou blikke banjo’s.
Die groot dryfkrag agter die projek om soveel moontlik items uit Parys in te skryf, is Cathy du Plessis en Elize Oliver. So het hulle 45 vroue en 2 mans gekry om deel te neem waarvan die meeste tussen 80 en 89 jaar oud is.
Die streekkompetisie is einde Augustus en die nasionale uitdun einde September.
Die bejaardes se harde werk is beloon met die grootste hoeveelheid pryse vir Parys die afgelope 4 jaar en 2 items wat selfs op nasionale vlak hul kategorieë gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button