Local newsNews
Voortrekkers kuier by Amot-bejaardes
Die besoekers is met ope arms verwelkom deur die inwoners van wie sommige self in hul jonger dae ook Voortrekkers was.
Voortrekkers van die Parys Voortrekkerkommando het uitgereik na Amot se bejaardes toe daar by die tehuis gekuier is, en boekmerkies wat die kinders self ingekleur het, onder die inwoners uitgedeel is.
As deel van die uitreik is basiese benodigdhede vir die badkamerkas en koekies spesiaal vir die bejaardes,oorhandig saam met kaartjies wat gemaak is.
Daarna is liedjies gesing.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


