Local newsNews

Liggaam naby waterwerke gevind

Die man is vermoedelik tussen 52 en 60 jaar oud

Speurders in Parys vra die hulp van die publiek om die identiteit vas te stel van ‘n man wie se liggaam in die veld naby die Parys watersuiweringswerke gekry is.

‘n Verbyganger het op 5 Julie om ongeveer 13:30 die liggaam gesien en dit by die polisie gerapporteer.

Die man is vermoedelik tussen 52 en 60 jaar oud, en het ‘n bruin baadjie, donkerkleurige hemp en donker kouse gedra. Die nadoodse ondersoek het bevind dat die man aan natuurlike oorsake gesterf het.

Enigeen wie ‘n familielid vermis wat aan die beskrywing voldoen, is gevra om speur-sers. Rick Hunter te skakel by 073 648 9927.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button