Local newsNews

Verslag oor ‘spookwerkers’ weer beloof

Vrae oor die sogenaamde ‘spookwerkers’ is in Oktober 2023 gevra  tydens ‘n vergadering van die raad se finanskomitee.

Die beloofde verslag oor bewerings van sogenaamde ‘spookwerkers’ binne die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, sal na verwagting vandeesmaand voor Ngwathe se munisipale komitee oor openbare rekeninge (MPAC) dien. Die komitee het magte om munisipale
ongerymdhede te ondersoek.

Die onderneming dat die verslag en relevante dokumente nou uiteindelik na nege maande se wag voor die komitee sal
dien, is deur rdl Toyi (voorsitter van MPAC) gemaak tydens ‘n spesiale sitting van die komitee, sê DA-raadslid Arnold Schoonwinkel wat ook op die komitee dien.

Schoonwinkel sê vrae oor die sogenaamde ‘spookwerkers’ is in Oktober 2023 gevra  tydens ‘n vergadering van die raad se finanskomitee. Hy sê raadslede van alle partye het toe erken hulle het vermoedens oor die sogenaamde ‘spookwerkers’, en het die komitee eenparig aangedring op ‘n volledige ondersoek. Hy sê ‘n senior amptenaar het hulle toe verseker die ondersoek is reeds gedoen, en dat ‘n verslag daaroor binnekort gereed sou wees. “Sedertdien hoor ons niks,” sê hy, ten spyte
van herhaalde skriftelike navrae.

Hy sê as die verslag nie voor die komitee dien nie, sal die hulp van die ouditeur-generaal gevra word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button