Local newsNewsSport

So loop die wenspan se pad na sukses

Baie geluk aan hierdie span en hul afrigter.

Hoërskool Parys se o16- rugbyspan het verlede Saterdag die span van Hoërskool Bekker ore aangesit in die finaal vir vanjaar se Noordvaal Beker, toe hulle as wenners die trofee omhoog kon hou na ‘n wentelling van 32-14.

Die span se pad na sukses het as o14’s reeds in 2022 by Hoërskool Parys begin.

Niemand sou egter in hul wildste drome kon dink watter hoogtes dié span sou bereik nie, sê hul huidige afrigter Wian Viljoen.

Die span wen hul eerste Valke Afdeling 4 finaal in 2022, en herhaal dieselfde sukses verlede jaar toe hulle Carel de Wet in die o15-liga klop vir ‘n tweede agtereenvolgende liga oorwinning. In 2022 het die span egter in die semi-finaal van die Noordvaal Liga
verloor.

In 2023 kwalifiseer die span, as o15’s weer vir die Noordvaal Liga, maar vorder toe tot by die finaal. Dit was die eerste van twee
Noordvaal trofees wat die span sou wen.

Die o15-span wen die Noordvaal Liga in 2023 – die eerste keer sedert 2005 wat Hoërskool Parys in die Noordvaal finaal speel.

In 2024 ervaar die o16-span ‘n seisoen met gemengde welslae. Twee van die span se spelers verlaat die skool, en die span sukkel verder met ‘n klomp beserings. Hulledring egter deur na die 2024 Valke Afdeling 4 finaal,maar verloor, omdat die opponent meer drieë gedrukhet.

Dit was die eerste keer sedert 2022 wat die span nie sy liga kon wen nie.

Die 2024 Noordvaal Liga begin met ‘n groot uitdaging. Vyf van die begin spelers is siek en beseer en dwing die afrigter om met slegs 18 spelers in die kwartfinaal te speel. Die span wys egter karakter en wen Steelcrest 24-10 in Middelburg. Wraak was boonop soet teen Elspark en Parys wen die semi-finaal 35-15. Die span dring daarna deur na hulle tweede opeenvolgende Noordvaal Liga finaal.

Met die wedstryd teen Bekker lewer die span ‘n kliniese vertoning om Bekker te klop met 32-14 – hulle tweede
opeenvolgende Noordvaal Liga oorwinning.

Die o16 span wat die finaal aangedurf het was Henk Smal, Jandré van Heerden, Heinrich van Niekerk, AC Lewies, Leemisa Kuotone, Pieter Joubert, Ioan Hager, Franco Pretorius, Xander Pretorius, Heinrich Nortje, Dewald van
Sandwyk, Durandt Fouche, Nico Rust, Maibongwe Nkalatya, Julio De Ponte, Nchecka Nchecka, Heinrich Swarts, Nicholas Carter,
Dregan Brink, Carl Hager en Kevin Makgoe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button