Local newsNews
Saam met Bernice West op die verhoog
Een ding was seker - Bernice West en die kinders het vanaand harte gesteel op die verhoog.

Die optrede van Bernice West saam met leerders van Parys Christelike Skool (PCS) en Noag se Arkie, het vanaand gesorg vir ‘n stampvol saal en ‘n skitterende konsert.
Met die tema, “Die lewe binne my” was dit ‘n kleurvolle program wat die kroon gespan het op harde werk, fyn beplanning en choreografie, en baie moeite wat deur die personeel en leerders ingesit is vir dié baie suksesvolle fondsinsamelingspoging.






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



