Vermoedelike uitbraak van hand-voet-en-mondsiekte by kleuterskool
Die departement sê veral kinders vyf jaar en jonger is vatbaar vir die siekte.
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê ‘n vermoedelike uitbraak van hand-voet-en-mondsiekte is by ‘n Bloemfonteinse kleuterskool aangemeld, en het die departement gewaarsku dat dit ‘n hoogs aansteeklike virale siekte is wat oorgedra word deur nabye kontak met die spoeg of ontlasting van ‘n geïnfekteerde persoon.
Die departement sê veral kinders vyf jaar en jonger is vatbaar vir die siekte. Simptome sluit in koors, ‘n seer keel, pynlike sere of blase in die mond, en ‘n uitslag op die hande, voete en soms selfs op die boude
Die departement het ook gesê mense moet seker maak dat hulle hul hande gereeld was en kontak met geïnfekteerde persone vermy. Mense wat simptome van die siekte toon is aangeraai om so gou moontlik mediese hulp te kry.
Die siekte klaar gewoonlik op na ‘n week, tensy daar komplikasies is.



