Geveerde vriende van Udolpho bekyk
Uitstappie-reëlings sal tydens die klubbyeenkoms gefinaliseer word.
Lente is in die lug en aangesien dit nie meer so koud is nie, word Feathers voëlklub se uitstappies om te gaan voëls kyk, hervat.
Die klub se volgende byeenkoms is 29 Augustus wanneer Tertia Pretorius haar foto’s en stories kom deel.
Die byeenkoms vind soos gewoonlik om 18:30 by Sally Martin Park se saal plaas.
Die eerste voëlkyk-uitstappie vir die lente is na die FAK Udolpho Rivierplaas aan die oewer van die Vaalrivier ongeveer 10km buite Parys. Dit vind plaas Saterdag 31 Augustus.
Die plaas het pragtige landskappe en baie voëlspesies. Tydens ‘n besoek in Februarie is 34 spesies aangeteken.
Udolpho het ook ‘n voëllys vir die plaas, en wil dit graag aanvul met die voëls wat die klub daar sien.
Daar sal om 07:00 vanaf die PnP parkeerterrein na Udolpho vertrek word.
Uitstappie-reëlings sal tydens die klubbyeenkoms gefinaliseer word.
Onthou jou piekniekmandjie, verkyker en stoel. Dit beloof ‘n baie lekker dag in die natuur te wees.
Vir meer inliting oor Feathers of die byeenkomste, skakel Hansie Bekker by 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121.



