Local newsNews

Noordwes Jeugorkes eerste keer in jare in Vredefort gehoor

‘n Onvergeetlike lentekonsert wat jy nie kan misloop nie.

Die Noordwes Jeugorkes tree die eerste keer in 46 jaar op in Vredefort wanneer hulle op Vrydag 6 September om 18:30 in die Vredefort NG Kerk gehoor sal word.

Die orkes bestaan uit 48 lede, en is die jongste lid, die 10-jarige Barend Wentink van Potchefstroom, wie se oupa, ook Barend, ‘n bekende gesig in Vredefort is.

Barend Wentink Jr, die jongste lid van die Noordwes Jeugorkes.

Barend Jr se pa, Gideon, het aan die Hoërskool Chris van Niekerk in Vredefort gematrikuleer en self ook in sy skooldae koor gesing.

Nog ‘n plaaslike seun wat tydens die orkesoptrede gehoor sal word, is die begaafde violis, Radisemelo Modise. Radi het sy sukses aan die Manguang Strings orkes wat in 2015 deur mev. Erna Rademan na Vredefort en Parys gebring is, te danke.

Die begaafde violis, Radisemelo Modise

Die dirigente van die jeugorkes is prof Liesl van der Merwe en mnr André Oosthuizen.

Vanjaar sal hul werke van Beethoven, Brahms, Schubert, Mendelsohn, Rimsky-Korsakov maar ook filmmusiek soos Remember me, uit die film Coco, ‘n Grease medley en ‘n Chicago medley speel. Die konsert eindig op ‘n hoogtepunt wanneer die jeugorkes in ‘n massa-item kragte met plaaslike musikante en studente van Erna Rademan se musiekskool saamspan. Die gehoor word ook betrek. ‘n Onvergeetlike lentekonsert wat jy nie kan misloop nie.

Kaartjies is by die deur beskikbaar teen R100. Toegang vir laerskoolkinders is gratis. Daar sal verversings te koop wees.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button