Local newsNews

Hierdie sal jy selde sien

Saam-saam so byna 'n 100 jaar

Om 100 jaar oud te word is min mense beskore, maar vir ‘n egpaar om saam-saam so naby aan die 100 jaar mylpaal te kom, en boonop 70 jaar van getroude lewe te vier, gebeur selde.

Dié voorreg is ‘n egpaar van Najaarsrus beskore, en is daar verlede week behoorlik fees gevier saam met Hugo en Sai Holtzhausen.
Hugo het op 9 Augutus 95 jaar oud geword, en vier dae later, was dit tannie Sai se beurt om haar 94ste verjaardag te vier. Volgens Elbé Ferreira, bestuurder van Najaarsrus, is dit die eerste keer in 32 jaar dat die tehuis ‘n egpaar het wat die ouderdom saam bereik.
Die groot geleentheid is met ‘n tee gevier waar die twee eregaste behoorlik getrakteer is.

Die besondere koek wat vir die Holtzhausen-egpaar gebak is.

Die Holtzhausens het drie dogters, van wie twee nog leef, en sewe kleinkinders. Hulle is ook al ‘n hele paar agterkleinkinders ryker.
Hugo het in Windhoek grootgeword en was ‘n loodgieter van beroep. Later het hy ook klas gegee.

Sai het in die Upington-distrik grootgeword en was ‘n snelskriftikster en kranige naaldwerkster op haar dag.

Die 94-jarige tannie Sai Holtzhausen wys na die uitsonderlike koek waarmee die egpaar bederf is vir hul verjaardae. Langs haar is haar man, die 95-jarige oom Hugo Holtzhausen.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button