Local newsNews
Pen Buddy: Saam kan ons ‘n verskil vir kinders maak
Dit is nou die ideale tyd om van al daardie penne, potlode en uitdraaikryte wat jou kaste volmaak ontslae te raak en dié mooi projek te ondersteun.

Parys Gazette het ‘n insamelingsprojek begin waar ons die gemeenskap uitdaag om saam met ons ou/gebruikte of nuwe skryfbehoeftes vir minderbevoorregte kinders insamel.
Meeste ouers koop aan die begin van elke skooljaar vir hul kinders nuwe skryfbehoeftes en word ou skryfbehoeftes weggegooi of in ‘n kas gedruk.

Daar is baie ouers wat nie skryfbehoeftes vir hul kinders kan bekostig nie. Help ons om diegene in nood te help om gerieflik hulle skoolwerk te kan doen.
Ou/gebruikte skryfbehoeftes en nuwe skryfbehoeftes kan by skole wat aan die projek deelneem afgegee word. Dit kan ook by die Info-kantoor in Waterstraat afgegee word
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



