Local newsNews

Pen Buddy: Saam kan ons ‘n verskil vir kinders maak

Dit is nou die ideale tyd om van al daardie penne, potlode en uitdraaikryte wat jou kaste volmaak ontslae te raak en dié mooi projek te ondersteun.

Parys Gazette het ‘n insamelingsprojek begin waar ons die gemeenskap uitdaag om saam met ons ou/gebruikte of nuwe skryfbehoeftes vir minderbevoorregte kinders insamel.

Meeste ouers koop aan die begin van elke skooljaar vir hul kinders nuwe skryfbehoeftes en word ou skryfbehoeftes weggegooi of in ‘n kas gedruk.

Daar is baie ouers wat nie skryfbehoeftes vir hul kinders kan bekostig nie. Help ons om diegene in nood te help om gerieflik hulle skoolwerk te kan doen.

Ou/gebruikte skryfbehoeftes en nuwe skryfbehoeftes kan by skole wat aan die projek deelneem afgegee word. Dit kan ook by die Info-kantoor in Waterstraat afgegee word

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button