Local newsNews

‘Net genade kan ons deurdra’

Boere desperaat vir voer vir vee

As jy lees van miljoene se skade en die swart gebrande veld sien, ruk dit aan jou hart, maar min weet van die ellende van die meer as 20 boere tussen Fochville en Parys wat dag na dag na hul vee moet kyk en nie weet hoe hulle vir dié diere gaan sorg nie.

Baie het alles verloor nadat ‘n see van vlamme  in drie groot brande vanaf 11 Augustus ‘n verwoestingspad oor nagenoeg 12 000 ha geloop het. Weiding het tot op die grond afgebrand. Duisende voerbale is vernietig. Vee het doodgebrand.

Voor die brandseisoen is daar al swaar getrek. Die veld was droog. Maar niks kon hulle voorberei op die totale desperaatheid vir voer na die brande vir veral boere in die  Fochville-distrik en op die Noordwes- en Gauteng-grens.

Daar is al hulp aangebied. AfriForum het 100 bale voer geskenk en die vervoerkoste gedra, sê Gawie Maritz, voorsitter van die Fochville Brandbeserkmingsvereniging. Verlede week is begin om bale te versprei waar die nood op sy hoogste was. Vanoggend weer word bale gelaai wat vir boere op Palmietfontein afgelaai sal word waar die brand groot skade aangerig het.

Nog 100 bale voer kom danksy Afriforum, sê Sarel van der Wat, insidentbevelvoerder vir die Potchefstroomse en Vaal Eden Brandverenigings se roepgroep 6.

Die Hervormde Kerk het geld bewillig om boere te help met voer. Van oraloor het mense hulp aangbied maar die grootste probleem is om die voer wat aangebied word, hier te kry, sê Maritz.

Vervoer is duur en daar is nog bale voer, waterpype of krippe dringend nodig.

Van der Wat sê die vooruitsig vir boere hier is baie onseker. Plaaslike gemeenskappe is tot ‘n groot mate op hulself aangewese om brande te beveg. Daar is min hulp van regeringskant.

Na die brandverwoesting is minstens twee jaar se goeie reën nodig vir die veld.  Baie kuddes is oor jare opgebou en ouer boere het nie meer die tyd om weer hierdie kuddes op te bou nie.

Mense wat kan help kan die volgende nommers skakel:

Sarel – 083284 6392

Annika – 082 771 0147

Gerda – 082 859 6748

Gawie – 082 348 3768

Dankie aan Afriforum, ‘n boer van Magaliesburg wat ‘n vrag tef geskenk het, die Hervormde Kerk en almal wat reeds bygedra of hulp beloof het. Dit word opreg waardeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button