Local newsNews

Bianke skitter by SA Squash Growth Point kragmeting

Sy is tans nr 3 gekeur in SA. 

Bianke Pienaar van Parys was onder die net 8  top o.19 dames muurbalspelers in die land wat genooi is om aan die SA Squash Growth Point Nationals by die V&A Waterfront in Kaapstad te neem.

Bianke het uitstekend gevaar by die kampioenskap en net-net in die semi-finaal verloor.

Sy is tans nr 3 gekeur in SA.

Bianke is vanjaar in matriek aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom.

Sy is lid van die Parys en Potchefstroomse muurbalklubs.

Parys is trots op jou Bianke!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button