
Bianke Pienaar van Parys was onder die net 8 top o.19 dames muurbalspelers in die land wat genooi is om aan die SA Squash Growth Point Nationals by die V&A Waterfront in Kaapstad te neem.
Bianke het uitstekend gevaar by die kampioenskap en net-net in die semi-finaal verloor.
Sy is tans nr 3 gekeur in SA.

Bianke is vanjaar in matriek aan die Hoërskool Gimnasium in Potchefstroom.
Sy is lid van die Parys en Potchefstroomse muurbalklubs.
Parys is trots op jou Bianke!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



