Studentetragedie: Ses sterf
Ons innige medelye met die families van die oorledenes van hierdie tragiese ongeluk.

‘n Gru-ongeluk Saterdag in Vanderbijlpark regoor Makro op die R42 Barrage-pad, het die lewens van ses eerste en tweedejaar NWU studente van die Vaal-kampus ge-eis. Vier van die studente is op die toneel dood verklaar, en is vanmiddag bevestig dat nog twee studente in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.
Twee studente is ook steeds in die hospitaal en is ernstig beseer in die ongeluk.
DIe ongeluk het omstreek 01:07 gebeur toe die bestuurder van ‘n wit Hyundai i20 vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het. Naas die motorbestuurder was daar nog sewe passasiers in die voertuig. Die voertuig het ‘n padteken getref en verskeie kere getol. Die insittendes is uit die voertuig geslinger.
Die ongeluk het skaars 9km vanaf Moahi Village gebeur waar die studente gevestig was.
Die oorledenes was Sinethemba Tshabale, Kananelo Mokhele, Katlego Ramodibe, Olwethu Khojane, Simphiwe Nzimande, en Tshepo Maboea.


