Local newsNews

Brand by Hartshuis kon baie anders uitgedraai het

Een van die houthuise op die perseel is in die brand vernietig.

Dit is ‘n wonderwerk dat die brand nie na die ander houthuise op die Hartshuis-perseel in Vredefort versprei het nie, het ‘n baie dankbare Zuanne van der Merwe Maandagoggend gesĂȘ nadat die houthuis van een van die Hartshuis se inwoners, die 64-jarige Fanie Mare, Sondagaand afgebrand het.

Die brand het rondom 22:00  in sy houthuis ontstaan. Fanie kon betyds uit die huis kom en is niemand in die brand beseer of behandeling vir rookinsaming nodig gewees nie.

Zuanne het ook die versekering gegee dat Fanie versorg is en elders by die Hartshuis geakkommodeer kon word.

Die Hartshuis het watertenks op die perseel en tuinslange op strategiese plekke wat deur die jonger inwoners gebruik kon word om te help om die vlamme te kon blus. Daarsonder kon dit baie anders uitgedraai het, het sy gesĂȘ.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button