Supermarkrower wat kla oor kaping en sy makkers gaan lank sit
'n Polisiebeampte is ook tydens die voorval beseer

Drie mans wat ‘n supermark in Sasolburg in 2019 wou beroof, en aangekla is vir moord en poging tot moord onderskeidelik, is in totaal tot 47 jaar tronkstraf in die Hoë Hof gevonnis.
Sibusiso Blessing Mbele (38), Jeremiah Tshabela (32) en Aron Mandla Radebe (45), het 18 jaar gevanniggstraf gekry vir die moord, 16 jaar vir poging tot moord en 13 jaar vir roof.
Die voorval het in Desember 2019 in Sasolburg gebeur toe die mans tydens die roof ‘n polisiebeampte gewond het, en een van hul makkers noodlottig gewond het, in ‘n oor-en-weer skietery, het polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani, gesê.
Twee van die verdagtes is gearresteer, terwyl die derde met ‘n wit Mercedes Benz gevlug het. Die voertuig is later verlate deur die polisie gekry.
Die verdagte wat op vrye voet was, het egter die volgende dag na die Vanderbijlparks polisiestasie gegaan om ‘n voertuigkaping klag te lê. Hy het beweer dat sy Mercedes gekaap is en hy toe deur die vermeende ‘kapers’ in die omgewing van Orangefarms afgelaai is. Die op-en-wakker polisiebeampte aan diens het die inligting nagegaan wat voorheen gekry is van die voertuig, en is die verdagte by die Vanderbijlparkse polisiestasie deur speurders van Sasolburg in hegtenis geneem.
Rani het verder gesê dat die ondersoekbeampte, sers. Chrissie van der Linde, uitstekende werk gedoen het om te verseker dat die saak suksesvol afgehandel kon word



