Local newsNews

Wiskunde juffrou se grootste wens om net weer sonder pyn te wees

"Ek wil net weer sonder pyn doen wat ek die meeste van hou - om in die toekoms van kinders te belĂȘ en met hulle my liefde vir wiskunde te deel."

Net R25 000 staan nog tussen die 26-jarige Liebe Keyser, ‘n oudleerder van HoĂ«rskool Parys, en haar grootste wens om net weer sonder pyn en ongemak te wees.
Liebe is gediagnoseer met limfedeem en moet baie dringend ‘n opearsie ondergaan om ‘n gewas te verwyder en die limf te herlei na haar gesonde been. Die delikate operasie wat deur ‘n mikrochirurg gedoen sal word, word nie deur haar mediese fonds betaal nie, Hoewel die mikrochirurg  van Pretoria wat die operasie moet doen haar reeds tegemoet gekom het met sy tarief, het sy R170 000 nodig vir die operasiekoste, teaterkoste en narkotiseur.
BackaBuddy
Vriende en familie het intussen ‘n Back-a-Buddy veldtog  vir haar begin en was daar teen Vrydag 16 Augustus reeds R144 917 vir haar ingesamel.  Die operasie is geskeduleer vir 30 Augustus in die CintoCare hospitaal, en moet Liebe die laaste sowat R30 000 voor dan hĂȘ om te verseker dat die operasie gedoen kan word.
Liebe gee tans Wiskunde vir graad 4 leerders van die Laerskool Northmead in Benoni. Haar pad van uitdagings het begin nadat sy ‘n liesbreuk operasie in Maart 2023 moes ondergaan. Skaars drie maande na die operasie, het haar voet begin swel. Vele toetse en skanderings later waarvan sy ook baie uit haar sak moes betaal weens die beperkings van haar mediese fonds, is vasgestel dat dit limfedeem is.
Nog kostes het gevolg vir verskeie limfdreineringsbehandelings, peperduur spesiale limfkouse wat sy steeds moet dra, en maande van konstante pyn en ongemak wat sy  verduur.
Liebe Keyser wat baie dringend ‘n operasie benodig  nadat sy met limfedeem gediagnoseer is, en daar naas die limf herleiding ook ‘n gewas verwyder moet word.
Die swelling in Liebe se voet kan hier duidelik gesien word.
Toe sy in Februarie by die dokter was wat oorspronklik die liesbreukoperasie gedoen het, is agtergekom dat daar ook ‘n gewas is, en hoewel nie kwaadaardig nie, dra dit by tot haar ongemak en moet dit dringend verwyder word omdat die swelling in haar been toeneem en geweldige pyn veroorsaak.
Liebe sou aanvanklik vandag geopereer word, maar omdat sy nog nie die geld vir die operasie kon bymekaar kry nie, is die operasiedatum geskuif na die 30ste Augustus in die hoop dat sy voor dan die uitstaande bedrag sal hĂȘ
“Om vir geld te vra, was nog nooit iets wat ek wou doen nie, maar ek is desperaat vir hulp,” sĂȘ Liebe. “Ek sukkel soms om deur my dag te kom,” vertel sy. Haar beroep is haar passie en gee sy ook na skool ekstra Wiskundeklas om haar geld aan te vul. “Ek het al meer dokters gesien as wat ek kan tel, maar nog niemand kon my voorheen help nie,” sĂȘ sy.
Haar hoop is dat sy voor die 30ste die geld vir die operasie sal hĂȘ om weer ‘n vol lewe te kan leef sonder pyn om te doen wat sy die meeste van hou – om in die toekoms van kinders te belĂȘ en met hulle haar liefde vir Wiskunde te deel.
So kan jy Liebe ondersteun
Mense wat vir Liebe kan help kan die BackaBuddy skakel volg by https://www.backabuddy.co.za/campaign/liebe-keyser-operation

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button