Vivienne in SA Skole toerspan na Maleisië
Die publiek kan die Back-a-buddy fondsinsamelingsveldtog vir Vivienne ondersteun om haar deelname te help moontlik maak.

Vivienne van der Schyff is ingesluit in die SA Skole dogters toerspan wat in Desember na Maleisië en Singapoer sal toer om aan die Redtone KL Internasionale Junior Ope- en ONCOCARE Singapoer Junior Ope-muurbaltoernooie deel te neem.
Die span vertrek einde November.
Daar is reeds ‘n Back-a-buddy fondsinsamelingsveldtog vir Vivienne begin en kan mense wat Vivienne wil ondersteun om haar deelname aan die toer moontlik te maak, die skakel https://www.backabuddy.co.za/campaign/vivienne-squash-tour-to-malaysia volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



