Local newsNews

Agterstand van meer as 5 000 mediese prosedures in Vrystaat

Pasiënte wat algemene operasies moet ondergaan, wag tot amper twee jaar.

Die agterstand van mediese prosedures in die Vrystaat het in die afgelope twee jaar bykans verdubbel tot 5 075. Dit terwyl 66% van Vrystaters gebruik maak van openbare gesondheidsdienste.

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid, mnr. Monyatso Mahlatsi, het in antwoord op ʼn vraag van die VF Plus aangedui dat die Universitas-hospitaal ʼn agterstand van 2 962, en die Pelonomi-hospitaal ʼn agterstand van 596 het wat betref mediese prosedures. Die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem het ʼn agterstand van 629, die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad 523 en die Bongani-hospitaal in Welkom 340.

In September 2022 het die vorige nasionale minister van gesondheid dr. Joe Phaahla aangedui dat die Vrystaat ʼn agterstand van 2 947 het. Dit beteken dat in minder as twee jaar die agterstand bykans verdubbel het.

Die VF Plus het in ‘n verklaring gesê dat hy veral bekommerd is daaroor dat die LUR erken die wagtyd vir ortopediese prosedures kan tot vyf jaar duur.

Pasiënte wat algemene operasies moet ondergaan, wag tot amper twee jaar.

Die LUR het erken dat ʼn tekort aan verpleegpersoneel en die gesondheidsdepartement se verkrygingsprosedures die ginekologiese dienste in die Vrystaat kniehalter.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button